Lyrics: Bouwer Bosch/Simeon Kriel
Music: Simeon Kriel/Bouwer Bosch
Het ek dalk blind geword
Want ek sien jou nie meer in die toekoms nie
En oral reën ek nat
Maar jou woorde saambreel my nie meer nie
En oral kry ek koud
en jou oë maak my nie meer warm nie
Ek dra nog altyd my, my hart, op my mou
So gehoop dat jy die beste sal onthou
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar
Wat het van my geword
Ek sien iemand anders as ek in die spieël kyk
’n verslane reus op soek na ’n huldeblyk
Ek sou kon doen met ’n miljoen sekerhede,
Ontvrede met die hede, ek smag na die verlede
Ek dra nog altyd my, my hart, op my mou
So gehoop dat jy die beste sal onthou
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar
Ek dra nog altyd my, my hart, op my mou
So gehoop dat jy die beste sal onthou
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar
Gisteraand het dit my verlaat
So gehoop ek sien jou daar