Lyrics: Neil Joseph William Sandilands
Music: Neil Joseph William Sandilands
Hand in die grond
Wees lig, wees vry
Jy wie sorg vir die grond
Sal die grond liefkry
Boom op die werf
Honderd jaar oud
Self hier geplant
Saad word woud
Tuur in die blou
Uit die suide kom die reën
As die winter behaag
Die boompie seën
Sappig die vrug
Die skadu is koel
Dis goed om hierdie somer
Só te kan voel
Elke siel onder die son
Voor die graf in die grond
Voor al die baklei
Die grond liefkry
Sout in die wond
Ek het seer gekry
Kewer en termiet
Die boompie ly
Hart in die grond
Die aarde gesny
Jy wie skend in die grond
Sal die grond vermy
Suur in die kors
En rook in die wolk
Wie het dan begrip
Oor vader & volk?
Bedorwe die vrug
Die somer te soel
Die byl van die blinde
Die bitter gevoel
Elke siel onder die son
Dit brand op die werf
‘n Boom wat eens was
Die kind erf as
Gif in die nerf
Die hede bederf
Meester & serf
Khakibos gerf