Feit Soos 'n Koei

Lyrics: Nicholis Louw/Pieter Pruis Music: Nicholis Louw/Pieter Pruis Ek is nooit op my beste in die oggend nie Dis ‘n feit soos ‘n koei as die son opkom moet jy wag! Ek’s ‘n regte brak Want my kop voel muf en my oë vol sand En ek slinger heen en weer van kant tot kant Dis nag! Jy moet ‘n bietjie wag!
As ek net een beker van my koffie kan suip los my net alleen met ‘n boerbeskuit Dis al, dis al, dis al!
Want dis vroeg in die oggend en die son gaan steek En die las op my skouers gaan my rug nog breek Dis waar van ‘n man dat ‘n man moet weet Die Here het gesê dat ‘n man moet sweet Die Here het gesê dat ‘n man sal sweet
Nou dis waar van my ek is net ‘n mens Ek ontbreek heel gereeld ‘n bietjie “kommin sense” Dis swaar, ek maak vir Mamma klaar! En dit gaan sukkel sukkel tot ek eers net vat As ek mooi aan die gang is loop die dinge glad Ek vind, ek kry my tweede wind!
En ek dink by myself “man raak nou mak” Daar’s ‘n berg om te klim so stop jou twak Dis al, dis al, dis al!
Want dis vroeg in die oggend en die son gaan steek En die las op my skouers gaan my rug nog breek Dis waar van ‘n man dat ‘n man moet weet Die Here het gesê dat ‘n man moet sweet Die Here het gesê dat ‘n man sal sweet
Want dis vroeg in die oggend dis ‘n feit soos ‘n koei En die dag wat wag gaan my hard laat stoei Dis waar van ‘n man dat ‘n man moet weet Die Here het gesê dat ‘n man moet sweet Die Here het gesê dat ‘n man sal sweet
As die son so deur die venster vir my loer En my boeretroos mors op die vloer My vurk is vol, maar my beker loop oor En ek is voor in die koor Hoor! Hoor!
Dis waar van ‘n man dat ‘n man moet weet Die Here het gesê dat ‘n man moet sweet Die Here het gesê dat ‘n man sal sweet
En as die Here so sê moet ‘n man maar weet…