Music: C.J. Langenhoven/M. L. de Villiers
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa β
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe β ons vir jou, Suid-Afrika.
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou β
Dat die erwe van ons vadβre vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wΓͺreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer β
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.