Laaste Wens

Lyrics: Brandon Vincent Oberholzer/Annelie du Toit Music: Brandon Vincent Oberholzer/Annelie du Toit Klein dorpie dromer jyt my hart kom steel. Vir maande lank hier in my kop kom speel. Ek weet, jy gaan die begin van my einde wees. Jy’s rooiwyn in die winter, jy warm my op. Ek’t lanklaas my hart deur my bors hoor klop. As jy nader kom sien ek my toekoms opgesom.
As jy my vra wat my laaste wens is Kan jy in my hart kom kyk. Ek sal my laaste kerse uitblaas, en wens vir n droom soos jy. Daars soveel jare tussen ons twee Hoe het ek die kans gekry. So as my laaste wens vanaand kom, gaan dit net oor ek en jy.
Jys sout van die aarde, so skoon en rein. Perfek geskape, so mooi en fyn. Hoe kan n man se hart, dit als hanteer. In geen ander arms wil ek nou bly. Het my verewig in jou gekry. Dis n liefde waaroor die mense nog stories skryf.
As jy my vra wat my laaste wens is Kan jy in my hart kom kyk. Ek sal my laaste kerse uitblaas, en wens vir n droom soos jy. Daars soveel jare tussen ons twee Hoe het ek die kans gekry. So as my laaste wens vanaand kom, gaan dit net oor ek en jy.
As jy my vra wat my laaste wens is Kan jy in my hart kom kyk. Ek sal my laaste kerse uitblaas, en wens vir n droom soos jy. Daars soveel jare tussen ons twee Hoe het ek die kans gekry. So as my laaste wens vanaand kom, gaan dit net oor ek en jy. So as my laaste wens vanaand kom, gaan dit net oor ek en jy.