110

Lyrics: Loki Rothman/Margot Rothman/Don Kelly Music: Loki Rothman/Margot Rothman/Don Kelly Ek is anders as gister Roekeloos ongeduldig Ek ry met die venster oop ‘n Bietjie te vinnig Voel veilig verlore Trap anderste spore Een hand op die wiel Chaos in die spieël Soms verdwyn ek net so bietjie binne in my kop Hou aan hoop dat die wêreld net ‘n rukkie sal stop Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien Hou die spoed net-net op 110 Soms te bang en hou net aan om my kop te stamp Hou aan voel ek staan alleen my voete op die rand Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien Hou die spoed net-net op 110
Voel weer anders as gister Ek trap al hoe harder Hard probeer by hou Maar ek raak al hoe agter Voel veilig verlore Wat het geword van my drome? Een hand op die wiel Steeds chaos in die spieël Soms verdwyn ek net so bietjie binne in my kop Hou aan hoop dat die wêreld net ‘n rukkie sal stop Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien Hou die spoed net-net op 110 Soms te bang en hou net aan om my kop te stamp Hou aan voel ek staan alleen my voete op die rand Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien Hou die spoed net-net op 110
Haat dit om nie te weet wat volgende kom nie Voel ek staan stil, verloor my ambisies Als word maklik gesê Hoekom nie maklik gedoen? ‘n Eksistensiële krisis kruip weg om die hoek Verantwoordelikheid byt uit Lyk my jy vang nooit op Het gedog ek het meer tyd Laat by die eerste stop Vinniger, vinniger, dit hou nooit op Sukkel om vooruit te sien Hou die spoed op 110
Soms verdwyn ek net so bietjie binne in my kop Hou aan hoop dat die wêreld net ‘n rukkie sal stop Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien Hou die spoed net-net op 110 Soms te bang en hou net aan om my kop te stamp Hou aan voel ek staan alleen my voete op die rand Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien Hou die spoed net-net op 110