Lied Van Jong Suid-Afrika

Dit is die lied... En hoor jy die magtige dreuning? Oor die veld kom dit wyd gesweef: die lied van 'n volk se ontwaking wat harte laat sidder en beef. Van Kaapland tot bo in die Noorde rys dawerend luid die akkoorde: Dit is die lied van Jong Suid-Afrika, dit is die lied van Jong Suid-Afrika, dit is die lied van Jong Suid-Afrika. Waar songloed in glorie die berge oor hul fronsende voorhoof streel, waar ruisende wind oor die vlaktes met grassaad kerjakker en speel, Die diere het stil staan en luister, die bome het bewend gefluister: Dit is die lied van Jong Suid-Afrika, dit is die lied van Jong Suid-Afrika, dit is die lied van Jong Suid-Afrika.