Oents Oents Oents

Music: Nicholis Louw/Robin Kielly Lyrics: Nicholis Louw/Robin Kielly Sy’s wild! Sy’s wragtig! ‘n Klip in ‘n kettie, ‘n bom vol konfetti Sy’s mooi! Sy’s myne! Vry soos die wind, en sy lag soos ‘n kind
‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig (stuur my ‘n boodskap, knipoog en glimlag) Kyk op my foon en besef dis Saterdag! (Ek het belowe, en ek ken haar kodes) En dit lees…
Oents oents oents, dis al wat daar staan Dis al wat sy moet sê en ek weet sy wil gaan dans Oents oents oents, my Katjie van die baan! ‘n Bietjie tiekie draai is al wat sy vra Sy dans ‘n voet aan die brand Oe-la-la, sha-na-na! Vat vas! Dis sulke tyd vanaand! Oents oents oents, dis hoe dit gaan!
Sy weet al lankal, anders as sy, is daar daar niemand vir my! Sy’s altyd haastig, maar wie kan baklei met ‘n glimlag soos sy?
‘n Goeie begin is die radio kliphard (sy werk die knoppe, ek vat die stokke) Sy kies die liedjies, nog voor ons die pad vat (sy sing die woorde, speel lug-akoorde)
Oents oents oents, dis al wat daar staan Dis al wat sy moet sê en ek weet sy wil gaan dans Oents oents oents, my Katjie van die baan! ‘n Bietjie tiekie draai is al wat sy vra Sy dans ‘n voet aan die brand Oe-la-la, sha-na-na! Vat vas! Dis sulke tyd vanaand! Oents oents oents, dis hoe dit gaan!
Oents oents oents Oe-la-la Oents oents oents Dis al wat daar staan Oents oents oents My katjie van die baan! Oents oents oents Sha-na-na!