Lyrics: Neil Joseph William Sandilands
Music: Neil Joseph William Sandilands
Die wind waai sy’s aanskoulik
Totaal volkome vroulik
In hierdie storm sal ek bid
Om berge te versit
Die stormsee woed voort
op ’n wanklankige akkoord
Die deining en die walg
Die slim houtjie van die galg
Sy’s queen bee en sy’s fox
Die poort van pandora’s Box
Haar pupille so verlydelik
Jy verdrink dis onvermydelik
Vry, wys jou vir my
Gee my ’n beeld
Wat by my bly
Sy’s berekend effektief
‘n Gewetenlose dief
en haar enigste motief
is om te weet jy het haar lief
Sy’s die duiwel en ‘n engel
In haar blik sal jy verstrengel
Sy’s vixen en sy’s viper
‘n Allerdodelikste sniper
Tussen die hemel en die aarde
Kloof ‘n bliksem na die see
Jy word omvou en jy sluk water
Die heelal deel in twee
Vry, wys jou vir my
Gee my ’n beeld
Wat by my bly
Die winde huil die winde loei
Jou rou gemoed wat bloei
Sy skryf jou neer as apokrief
Jy skree, ek het jou lief
Water blus die vuur
Die voorspelling bly onguur
Jy sal jou siel verruil vir die kuur
Skoonlief en die Ondier
Die son gaan sak oor Port St.Johns
En die wind waai die storm in jou stil
En die wind waai die storm in jou stil
Die wind waai die storm in jou stil