Huis Toe

Music: Len Muller/GIDEON BOTES (Buyel' Ekhaya, Buyel' Ekhaya)
Ek lê op die grens van 'n nuwe land En daar is mense op treine van wie weet waar Ek het 'n kaartjie gekoop Met Jou Liefde gedoop nou is niks in die lewe meer kosbaaàr nie So Ek kom huistoe Buyel' Ekhaya Huistoe Maak nie saak Waar ek gaan Ek sal altyd terug verlang Huistoe
Hierdie gaan uit aan verlore seuns Aan jou wat honger en dors en gebroke leef Jy het jou kaarte gespeel nou maak die lewe te seer en daar is niks wat ons skei van die liefde nie Kom ons gaan huistoe Buyel' Ekhaya Huistoe Maak nie saak, Waar ek gaan Ek sal altyd terug verlang (Buyel' Ekahaya) Huistoe
Kom ons bly 'n bietjie langer Kom ons ry 'n bietjie verder weg Kom ons klim weer bietjie berge, Waar kom jou hulp vandaan? Sien julle by die einde Dit kom al hoe nader nou Kom ons sit ‘n bietjie langer Dit is genoeg vir nou (Buyel' Ekhaya, Buyel' Ekhaya) Kom ons bly 'n bietjie langer Kom ons ry 'n bietjie verder weg Kom ons klim weer bietjie berge, Waar kom jou hulp vandaan? Sien julle by die einde