Music: Fred den Hartog/Hunter Kennedy/Abraham Christoffel Du Preez Lyrics: Fred den Hartog/Hunter Kennedy/Abraham Christoffel Du Preez/Rikus de Beer Sluit jou girlfriend en jou brandewyn toe Ja die manne is terug inni dorp
Pak daai vuiste weg in jou vatti khaki broek Ja die manne is terug inni dorp
Want tjom Maak daai som Party lank Glasies kort Ja die manne is terug inni dorp
Enkel, dubbel, ietsie kort Dis nie ‘n kuns nie Dis ‘n sport Ja die manne is terug inni dorp
Allie manne Allie manne Nou’s al die manne terug oppi dorp Dit was mooi gewees En ons het vrede beleef Maar nou’s al die manne terug oppi dorp
Oooh Moenie huil nie Ek is besig om te peak Ja die manne is terug inni dorp
En Dricus Du Plessis is by Die Real Hennie’s Ja die manne is terug inni dorp
Dit is die Ruggas my tjom Almal soos bokke vermom Ja die manne is terug inni dorp
Hier trap n man ń bietjie skeef Ons kan sien daar was geleef Ja die manne is terug inni dorp
Allie manne Allie manne Nou’s al die manne terug oppi dorp Ek kon werk op my erf En vir mamma bederf Maar nou’s allie manne terug oppi dorp
Die telefoon lui Dis my skoonpa oppi lyn Hy sê die voorry manne lyk vir hom te klein Ek sê ou skonie moenie worry Hulle weet nie wat ons weet nie
Allie manne Allie manne Nou’s al die manne terug oppi dorp Ek het boeke gelees Ek was stroopsoet gewees Maar nou’s al die manne terug oppi dorp
Geen manier dat ons gaan ry Ek sal ń Uber kry Ja die manne is terug inni dorp
My vrou het gevra Hoekom ek jean pant dra Ja die manne is terug inni dorp
Kom ek gel my kuif Ek gaan my meetings skuif Ja die manne is terug inni dorp
Ek weet dit sal goed gaan Ek hoop my broek bly aan Ja die manne is terug inni dorp
Die telefoon lui Dis my vroutjie opi lyn Sy vra of het ek van die aardbol af verdwyn Ek sê mammie moenie worry Dis lekker, dis lekker hier
Allie manne Allie manne Nou’s al die manne terug oppi dorp Dit is sondag weer kerk Ek moet maandag weer werk Maar nou’s allie manne terug oppi dorp
Dit is sondag weer kerk Ek moet maandag weer werk Maar nou’s allie manne terug oppi dorp