Lyrics: Neil Joseph William Sandilands Music: Neil Joseph William Sandilands Baie bly dat jy vir my hier kom kry, my ou maat Sê my bietjie een ding, is jy steeds so fokking kwaad? Is goed om jou te sien, kan ons stilsit bietjie praat? Want die skadus is al nou lank, my broer en die lente bietjie laat
Die wêreld was nog jonk daai tyd, die boewe bietjie boos Onselwers dig en dom daai tyd en gans te goddeloos Kom sit hier in die braakland, tjom tussen wes en oos Die berge het nou grys geword en die kneukels vuiste voos
Ek sou jou bitter graag wou bliksem, broer Ek aanvaar jy ook vir my Ek sou hier opstaan en jou size maak as die beendere net wou bly Ek sou een vir een jou vuiste vat, Ek is lank verby seerkry Want daai’t nog nooit gewerk nie, broer so sê samblief vir my
Hoe lyk dit met ’n drukkie? Ek weet dis bietjie gay, Maar ek sou smaak om jou van vooraf anders lief te kry En as die winde in ons guns waai, Jy ook vir my.
Vertel my alles wat gebeur het toe, elke lag en elke pyn Ek weet ons huil nie voor mekaar nie, maar kom ons vat nog ’n slukkie wyn Breek ’n brood, tan ’n tjop, sit af die selfoonsein Dis net ek en jy hier vanaand, sit jou hoed op, ons gaan myn.
Sewe maere jare en toe sewe lekker vet En als toe weer van voor af, dis die truuk ja dissie pret Kinders by dosyne en die langarm van die wet Achilles is ’n bliksem, broer, kyk my merke, ek sê maar net
So kom ons om, my tjom, so kom ons om Die trom, die trom, ek hoor hoe slaan die trom So kom ons om, my tjom so kom ons om Kom ons hou vas vanaand ek weet jy gee ook om
Ek sou jou bitter graag wou bliksem, broer Ek aanvaar jy ook vir my Ek sou hier opstaan en jou size maak as die beendere maar net wou bly Ek sou een vir een jou vuiste vat ek’s lank verby seerkry Want daai’t nog nooit gewerk nie, broer so sê samblief vir my
Wat sê jy oor ’n drukkie? Ek weet dis bietjie gay Maar ek sou smaak om jou van vooraf anders lief te kry En as die winde in ons guns waai, Jy ook vir my.
Dit was so goed om jou te kon sien, my ou broer ‘n Bietjie brood te breek, ‘n Bietjie kak te praat, in die kas te koekeloer Gaan jou goed, maak jy mooi al bly jy daar en ek bly doer. Ons is baie maar dieselfde, tjom ons wil altwee eintlik boer.
Gee my ’n druk my hel my ou pel Sit neer jou bier Hou dit net hier Tien-vier tien-vier Voel jy ook, my ou dier Hoe brand die vuur?
Zoeloe: "Battles between men eventually pass."