Music: Fred den Hartog/Hunter Kennedy/Abraham Christoffel Du Preez
Lyrics: Fred den Hartog/Hunter Kennedy/Abraham Christoffel Du Preez/Rikus de Beer
Sluit jou girlfriend en jou brandewyn toe
Ja die manne is terug inni dorp
Pak daai vuiste weg in jou vatti khaki broek
Ja die manne is terug inni dorp
Want tjom
Maak daai som
Party lank
Glasies kort
Ja die manne is terug inni dorp
Enkel, dubbel, ietsie kort
Dis nie ‘n kuns nie
Dis ‘n sport
Ja die manne is terug inni dorp
Allie manne
Allie manne
Nou’s al die manne terug oppi dorp
Dit was mooi gewees
En ons het vrede beleef
Maar nou’s al die manne terug oppi dorp
Oooh Moenie huil nie
Ek is besig om te peak
Ja die manne is terug inni dorp
En Dricus Du Plessis is by Die Real Hennie’s
Ja die manne is terug inni dorp
Dit is die Ruggas my tjom
Almal soos bokke vermom
Ja die manne is terug inni dorp
Hier trap n man ń bietjie skeef
Ons kan sien daar was geleef
Ja die manne is terug inni dorp
Allie manne
Allie manne
Nou’s al die manne terug oppi dorp
Ek kon werk op my erf
En vir mamma bederf
Maar nou’s allie manne terug oppi dorp
Die telefoon lui
Dis my skoonpa oppi lyn
Hy sê die voorry manne lyk vir hom te klein
Ek sê ou skonie moenie worry
Hulle weet nie wat ons weet nie
Allie manne
Allie manne
Nou’s al die manne terug oppi dorp
Ek het boeke gelees
Ek was stroopsoet gewees
Maar nou’s al die manne terug oppi dorp
Geen manier dat ons gaan ry
Ek sal ń Uber kry
Ja die manne is terug inni dorp
My vrou het gevra
Hoekom ek jean pant dra
Ja die manne is terug inni dorp
Kom ek gel my kuif
Ek gaan my meetings skuif
Ja die manne is terug inni dorp
Ek weet dit sal goed gaan
Ek hoop my broek bly aan
Ja die manne is terug inni dorp
Die telefoon lui
Dis my vroutjie opi lyn
Sy vra of het ek van die aardbol af verdwyn
Ek sê mammie moenie worry
Dis lekker, dis lekker hier
Allie manne
Allie manne
Nou’s al die manne terug oppi dorp
Dit is sondag weer kerk
Ek moet maandag weer werk
Maar nou’s allie manne terug oppi dorp
Dit is sondag weer kerk
Ek moet maandag weer werk
Maar nou’s allie manne terug oppi dorp