Lyrics: Owald Vorster van Schalkwyk/Tasché Burger
Music: Owald Vorster van Schalkwyk/Tasché Burger
Voel die grond bewe hier onder my
Ek het al heeltemal te veel hierdie pad gery
En jou laaste woorde hulle ego hier in my kop
En al ons drome verdwyn agter ons in die stof
Het jy iemand wat jou lief het
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter te koud
Is dit n doodloopstraat
Dalk net te laat
Dink weer terug aan daai laaste aand
Iemand wat jou lief het
Wat sal doen wat ek nie kon vir jou
Al die kilometers verdwyn
So lig soos n fluister dra ek jou pyn
Jou klanke lewe in my
Al my slegte gewoontes het jy amper vermy
Silhouette van jou hande skree op vensters
En die leë sitplekke met die maanlig
Wat my wakker hou
Het jy iemand wat jou lief het
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter te koud
Is dis n doodloopstraat
Dalk net te laat
Dink weer terug aan daai laaste aand
Iemand wat jou lief het
Wat sal doen wat ek nie kon vir jou
Het jy iemand wat jou lief het
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter te koud
Het jy iemand wat jou lief het
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter
Die winter te koud
Iemand wat jou lief het
Wat sal doen wat ek nie kon vir jou