Kômmôsêdiesê

Lyrics: Neil Joseph William Sandilands Music: Neil Joseph William Sandilands Sewe sees het ek gereis Pondok besoek, sfierpaleis Kreefskeerkring het ek gekruis In soeke na die huis Waar is die stem ooit tuis?
Nagtedraal, goue graal Kattedraal en avondmaal Agteros ook in die kraal Op die walle fyngemaal Tarentaal ken jy my taal?
Kômmôsêdiesê Wat die vlees vanaand wil hê Kômmôsêdiesê Ek wil vanaand by jou kom lê
Somernagte in Tulum Oergesigte, visioen Soet granaat, waatlemoen Sal selle ons versoen? Dis wat jy aan my doen
Kopervel, O soel en sweet Het jy nes ek dit ook geweet? Oer die knal, oer die kreet Het tyd jou ook gemeet? Met sonde en met skeet?
La Polija y Mariposa Do eres bonita rosa Tienduisend lobola osse Naakte velle tussen karosse Wat is rykdom wat is roem? Is ons kaal of net verdoem?
Strelitzia, blou saffier Caladium en Mayamuur Halwemens en half ook dier Ritmies is die uur Ek wens jy was nou hier
Zoeloe: "Come close to me. Come, I want to be with you.”